Maak die meeste van die web

Ubuntu sluit Firefox in, die webblaaier wat deur miljoene mense oor die wêreld heen gebruik word. Hiermee saam kom ook internettoepassings wat jy gereeld gebruik (soos byvoorbeeld Facebook of Gmail) wat aan jou werkskerm vasgepen kan word vir vinniger toegang, net soos ander toepassings op jou rekenaar.